News

‘Dit is hoekom ek slange sal doodmaak’

'.....Maar elke ou is geregtig op sy eie mening.'

Elize Hayes van Vanderbijlpark skryf na aanleiding van ‘n Facebook-debat of slange naby woongebiede doodgemaak of liewer gevang moet word:

Ons het onlangs twee rinkhalse doodgemaak in die Rosashof-omgewing.

Stenig my nou maar, maar ek sterf sewe dode as ek een sien. Ek het kleinkinders en honde wat nie die gevaar gaan ken nie.

Daar is ook nie tyd om te kyk waar gaan hy heen nie.

Ek is jammer maar my swaer het amper sy been verloor omdat hy ook nie graag ‘n slang wou doodmaak nie.

Hy was ‘n diabeet en daardie bytplek het nooit heeltemal gesond geword nie. Hy is in sy graf in met daardie stukkende plek. Maar elke ou is geregtig op sy eie mening.

 

********************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button