Local newsNewsNews

Ek sê maar net …

Party goed gebeur mos maar net ... hoekom dit altyd met my moet gebeur, wel daar het ek nou nie 'n antwoord nie.

Ek het ‘n storie. Dis ‘n grote. Maar, ek is glad nie seker of ek dit moet plaas nie. Was daar ‘n foto by, dink ek dit sou voorbladmateriaal gewees het.

Daar is nie ‘n foto nie. Altans ek hoop met my hele, hele hart daar is nie een nie.

Jy sien, party mense is van nature grasieuse wesens wat altyd deur ‘n ring getrek kan word. Nooit ‘n haar uit plek nie. Sê en doen presies soos wat daar van hulle verwag word. Wonderlik.

Ek is nie een van daai mense nie.

Soms beland ek in situasies wat regtig nie my skuld is nie. Dis nou weer so met dié storie …

Alles het begin omdat ek Groet die Grotman 2 by die teater wou gaan kyk.

ra toe ‘n ou skooltjom van my saam. Bygesê, ek het die man laas in 1989 gesien om presies te wees, maar party vriendskappe tel maar net op waar jy dit laas laat lê het.

Gelukkig luister hy nie toe ek beduie waar ek gewoonlik by die hek stop nie.

Daai is nie ‘n amptelike parkering nie,” sê hy en ek is verbaas, want niemand het nog ooit iets gesê nie.

So is hy om die hoek na die parkeerterrein. Daar is nog net een ander motor, want dis nog vroeg en dan is daar so een of twee karwagte.

Met die dat ek die deur oopmaak, hou daar nog ‘n motor langs ons stil.

Met die uitklimslag doen ek wat mense van my ouderdom maar doen.

Jy staan vir so ‘n paar oomblikke stil dat alle gewrigte eers weer in plek knak en dan strek jy al jou spiere so effens, net om seker te maak jou hakskeensening skeur nie morsaf met die eerste tree nie.

Op die oomblik het ons nog die verderflike masker ook tussenin.

Nou ja, dit was so met die poging om die masker op te sit en die handsak onder die arm te kry en die vrou wat neffens my uit die motor klim te groet, wat dinge bietjie deurmekaar geraak het.

Ek het vroeër met die aantrekslag gedag my romp sit bietjie los, maar ek het my nie daaraan gesteur nie. Was alweer laat, jy weet.

Met die dat ek toe my maag intrek en my spiere so bietjie strek voor die loopslag, toe besluit swaartekrag dis geheel teen my en daar gaat my romp!

Steek ook nie halfpad was nie. O nee, minder as ‘n sekonde later toe lê daai blessitse ding in ‘n blou poel om my skoene. En wie dra nou se dae nog ‘n onderrok?

Ek sien hoe rek die vrou voor my se oë en ek dink ek het iets tot die effek van “Oepsie. Dit sal ook nou gebeur,” kwytgeraak.

Daarna het ek met een beweging my romp van my voete tot bo my heupe gepluk, handsak onder die arm vasgeknyp, my masker oor my ore gehak en met ‘n huppel in my stap aangeloop hek toe.

Die groot lag het my eers later oorval.

Wou net sê, party keer gebeur goed en dan moet jy dit maar net hanteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button