VAALPARK – Mnr. Ryno Loots is vanaf 1 September 2026 die nuwe adjunkhoof van Vaalpark Primêr.
Hy is reeds deel van die skool se personeel en het voorheen as waarnemende adjunkhoof vir die intermediêre fase opgetree.
Loots is ook die skool se rugbyhoof en is betrokke by die afrigting van sy rugbyspanne.
Hy was onder meer in 2025 as afrigter by die Valke se o.12-span betrokke.
Sy nuwe aanstelling voeg ’n bestuursrol by tot sy bestaande betrokkenheid by die skool se akademiese en sportaktiwiteite.
Die skool het Loots op sosiale media met sy aanstelling gelukgewens en hom sterkte toegewens in sy nuwe pos.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!