SportSport

Bornman durf Sweed in China aan

Jong armdrukker druk sy stempel internasionaal af.

MEYERTON – Die gebore en getoe Vaaldriehoeker, Riekerd Bornman, durf op Saterdag 12 September in Jiaxing, China, die Sweed Filip Larsson in ’n regterarm-super-swaargewigkragmeting by East vs West 26 aan.

Riekert Bornman bult sy spiere.

Die 22-jarige Meyrtonner neem deel in die afdeling vir armdrukkers swaarder as 115 kg. Die kragmeting is deel van ’n 14-wedstrydprogram by die internasionale toernooi.

Bornman het die afgelope twee jaar naam gemaak op die internasionale armdruktoneel nadat hy aanvanklik na Australië verhuis het om rugby te speel.

’n Enkelbesering het sy rugbyloopbaan egter in die wiele gery, waarna hy hom tot armdruk gewend het.

Hy het in 2024 die AWE Grand Prix se swaargewigtitel gewen en in 2025 sy deurbraak by East vs West gemaak. By East vs West 18 het hy die Amerikaner Wallace Dilley met 3-1 verslaan.

Bornman het daarna ook by East vs West 19 vir Pavlo Derbedyenyev geklop. Die amptelike uitslag was 3-1, hoewel die wedstryd geëindig het nadat Derbedyenyev ’n besering opgedoen het.

By East vs West 21 het Bornman Aleksandr “Schoolboy” Beziazykov met 3-0 verslaan. Hy het sy goeie vorm in 2026 voortgesit met ’n 3-0-oorwinning oor Lars Rørbakken by East vs West 23 op 18 April in Wuppertal, Duitsland.

Sy jongste kragmeting was op 6 Junie in Little Rock, Arkansas, waar hy die Kazak Alizhan Muratov met 3-0 in die regterarm-super-swaargewigafdeling verslaan het.

Dié uitslae het Bornman ook ’n plek in East vs West se jaarlikse toekennings besorg. Hy is as die organisasie se Nuweling van die Jaar vir 2025 aangewys.

Bornman se wortels lê egter steeds in Meyerton. Hy was Hoërskool Dr. Malan se hoofseun in 2021. Sy jonger broer, Duvan, is ook ’n armdrukker en het reeds op seniorvlak aan kompetisies deelgeneem.

Larsson is Bornman se volgende teenstander in ’n kragmeting wat oor vyf rondes volgens East vs West-reëls beslis sal word.

Bornman het tot dusver al vyf sy East vs West-super-swaargewigkragmetings gewen, en sal in Jiaxing probeer om dié onoorwonne reeks voort te sit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button