SportSport

Emmies karnuffel Noordskool

Stuur hulle teenstanders druipstert huis toe.

VANDERBIJLPARK – Een swaeltjie maak nie somer nie, maar wanneer jy ‘n lopievraat soos Jason Bouwer in jou elftal het, is die lewe aansienlik makliker.

Daarvan kan die o11-krieketspan van die Laerskool Emfulenipark getuig nadat die span vir Noordskool op 27 Augustus met 223 lopies geklop het.

Jason Bouwer

Bouwer het 165 lopies van slegs 74 aflewerings gemoker en boonop 4/8 laat kantel. Die Emmies het eerste gekolf en 262 vir die verlies van slegs een paaltjie in 20 beurte aangeteken.

Ndzaka Ngobeni en Jason Bouwer het ‘n vennootskap van 245 lopies van slegs 113 aflewerings aangeteken. Die besoekers van anderkant die Vaalrivier is daarna vir ‘n beskeie 39/10 uitgeknikker.

Bouwer het ‘n puik seisoen beleef.

Hy het in ses wedstryde 472 lopies aangeteken en 20 paaltjies laat kantel. Veelsydigheid is sy middelnaam.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button