Groot dank vir hulp en gebede na seun se ernstige ongeluk
"Vir elke boodskappie, gebed en liefde van mense wat ons ken of nie eers ken nie, sê ons dankie. Liefde is wat mens deur sulke tye dra."

Annatjie Venter van die Vaaldriehoek skryf:
Ons wil net graag dankie sê. Ons seun Braam, was verlede Saterdag omstreeks 12:00 in ‘n ongeluk betrokke by die afrit van Abrahamsrust af na Vanderbijlpark.
Eerstens sê ons dankie aan ER24 wat ons seun so bitterlik goed versorg het tot hy veilig by Cormed-hospitaal was. Dankie uit ons harte vir julle wat jul Saterdae so opoffer vir ons wat julle nodig kry. Ek wens ons het jul name gehad, maar na ‘n ongeluk gaan alles so vinnig en mens laat baie dinge agterweë.
Ek hoop egter uit my hart dat julle hierdie sal sien en sal weet ons is dankbaar teenoor julle elkeen. Ek bid dat Jesus julle elkeen op ‘n ongelooflike manier sal seën.
Dan, Cormed-hospitaal: Julle is maar net die beste! Ons seun word in Julie 30 jaar oud en hy was ‘n babatjie wat met behulp van dr. Daan Humphris in die lewe gebring is… vir só lank is dr. Humphris al deel van ons lewe. Cormed is so deel van ons lewe… Julle is een en elkeen amazing!
Dankie vir julle ongelooflike diens van Saterdagmiddag af tot vanoggend, 2 Maart wat ons kind kon huis toe kom. Sonder julle sou dit nie so maklik vir ons gewees het nie. Julle personeel behandel mens met soveel opregte omgee – van ontvangs tot by ICU en die gewone saal. Dankie vir elkeen van julle. Al het julle nie almal direk met ons kind gewerk nie, is dit daardie vriendelike glimlaggies en altyd se groet wat mens sonder woorde deur sulke trauma dra. Julle is my favourites en ek lief Cormed en sy personeel. Ons is oneindig dankbaar teenoor julle elkeen.
Die dokters wat met ons kind gewerk het… hoe kan ons ooit vir julle dankie sê? Ek hoop dat elkeen van julle hierdie boodskap sal kry. Ons waardeer julle so bitterlik opreg en ons bid Jesus se liefde en seën in oorvloed oor julle toe.
Vir elke boodskappie, gebed en liefde van mense wat ons ken of nie eers ken nie, sê ons dankie. Liefde is wat mens deur sulke tye dra. Ons waardeer julle ook opreg.
Dan, álle lof en eer aan ons Vader Jesus wat ons kind, man en pappa van tweelingpoppies vir ons gespaar het en dat hy volkome kan loop en dat hy volkome gaan herstel. God is steeds ‘n God van Wonders.
******************************************************
Annatjie het ‘n paar dae later nog ‘n boodskap gestuur:
*************************************************************************************

