
VEREENIGING. – Aandag, alle nie-winsgewende organisasies, eenmansake, mikrobesighede, tuisnywerhede, kerke, kinderhuise en ouetehuise wat graag geld vir jul instansies wil insamel: Die Riviera-on-Vaal Hotel, in samewerking met MooiVaal Media, bied op 19 Maart ‘n opwindende Markdag by die hotel aan, waar julle gratis kan kom uitstal en jul produkte kan verkoop!
Die markdag gaan die dag van 07:00 tot 13:00 oop wees.
Die dag gaan bekendstaan as die Alles-Wat-Mal-is mark en dit beteken presies dit!
Of jy nou koeksisters verkoop, speelgoedkarretjies bou, kunswerke of ander handwerk maak, kom wys jou produkte en maak geld! Toegang vir stalletjie-eienaars en die publiek gaan gratis wees.
Spring gou as jy ‘n stalletjie wil bespreek, want hoewel daar heelwat plek op die pragtige terrein is, gaan die getal stalletjies beperk word.
Bespreek sommer nou per e-pos by Amanda by weddings@rovresort.co.za
***************************************************************************

