Local newsNewsNewsSportSport

Vaalpark Primêr atlete lewer spog vertoning

Baie geluk aan elke atleet en afrigter. Mag jul net sulke goeie prestasies lewer tydens die SA’s!

VAALPARK. –  Die Vrystaat Laerskole Atletiek Kampioenskappe is op Saterdag, 12 Maart 2022 in Sasolburg gehou.

Na afloop van die byeenkoms is die Vrystaat Laerskole atletiekspan aangekondig wat die provinsie by die Suid-Afrikaanse skole atletiek kampioenskappe gaan verteenwoordig.

Lize van den Heever spring goud los tydens Saterdag se provinsiale atletiek in Sasolburg. Foto’s verskaf

Die groot geleenthied vind op 25 en 26 Maart 2022 in Potchefstroom plaas.

Vaalpark Primêr het 13 atlete wat deurgedring het na die SA’s toe.

Hulle is Daniella Banutelo, Anshe de Jager, Ava Bronkhorst, Lize van den Heever, Caprivi de Beer, Juané Jordaan, Liané Smit, Zieke Rossouw, Hugo Stockbroekx, Dwayne Lotter, Jaco Venter, Joshua Wentzel en Michael Redelinghuys.

Lize van den Heever het goud verower in verspring en hoogspring.

Die skool het ook ‘n toekenning gekry vir die Dogters wat die Beste Presteer het tydens Saterdag se byeenkoms.

Baie geluk aan elke atleet en afrigter. Mag jul net sulke goeie prestasies lewer tydens die SA’s!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button