News

Waarskuwing: Wees baie waaksaam by dié bekende kruising

Drie misdade is op een dag hier aangeteken

 

 

Alta du Plooy stuur dié waarskuwing namens AfriForum se Vanderbijlparktak:

Wees asseblief versigtig by die R42/R57-kruising (beter bekend as “Kruising van die dood”). Op 15 Maart is daar drie voorvalle gerapporteer: – ‘n Voertuig kaping – ‘n Poging tot voertuigkaping – Aanranding van ‘n trokbestuurder en passasier sowel as roof. Moet asseblief nie langs die pad naby die verkeersligte stop nie. Hou jou omgewing dop vir verdagte persone. Hou jou voertuig se deure ten alle tye gesluit.

Maak seker dat u altyd die kontaknommers van u buurtwag, VRU of Afriforum reaksie eenhede byderhand het, indien u hulp in n noodsituasie nodig het. Hierdie groepe is 24 uur per dag, 7 dae per week beskikbaar en word beman deur vrywilligers uit die gemeenskap. ‘n Vinnige reaksie na ‘n toneel kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Die noodnommer vir AfriForum se Vanderbijlparktak is 084 778 4469.

Die kruising van die dood

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button