NewsNewsSportSport

Kiewiete pronk met nuwe vere

VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) wat vanjaar sy 108ste bestaansjaar vier het gisteraand in sy klubhuis sy eerste en o.21-rugbyspan se nuwe truie vir 2022 bekendgestel. Die funksie het ook as ‘n pet-oorhandigingseremonie gedien. Groen pette is aan spelers en bestuur oorhandig wat onder andere meer as 50 wedstryde gespeel het en meer as …

VEREENIGING. – Die Vereeniging Rugbyklub (VRK) wat vanjaar sy 108ste bestaansjaar vier het gisteraand in sy klubhuis sy eerste en o.21-rugbyspan se nuwe truie vir 2022 bekendgestel.

Die funksie het ook as ‘n pet-oorhandigingseremonie gedien. Groen pette is aan spelers en bestuur oorhandig wat onder andere meer as 50 wedstryde gespeel het en meer as 5 jaar in die bestuur dien. Die goue pette is aan uitgelese spelers en bestuur oorhandig wat meer as 100 wedstryde gespeel het of meer as 10 jaar in die bestuur dien.

Ryno Hendrikz het 115 wedstryde vir VRK gespeel en is die eerste speler ooit om ‘n goue pet te kry. VRK speel Saterdag tuis teen Springs. – Lees aanstaande week se uitgawe van Vaalweekblad vir die volledige berig asook die wedstrydverslag van dié kragmeting

So lyk VRK se o.21-span se nuwe truie.

 

Lian Ambrosius wys hoe VRK se nuwe eerstespan truie gaan lyk waarmee hulle Saterdag teen Springs gaan uitdraf.
https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/127263/midvaal-takes-service-delivery-to-riversdale/
Ryno Hendrikz het 115 wedstryde vir VRK gespeel en is die eerste speler ooit om ‘n goue pet te kry. Hier word hy deur Koos Bosman, voorsitter van Vereeniging Rugbyklub geluk gewens. Foto: Ettienne van Rensburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button