Local newsNewsNewsSportSport

Titans swemmers skitter weer

Titans se jong swemmers het hul goed van hul taak gekwyt by die onlangse streekskampioenskappe.

VANDERBIJLPARK. – Die SA Level 2 Regional Age Group Champs 2022 het vanaf 11 tot 13 Maart in Delville, Germiston plaasgevind.

Nege van Titans Aquatics se swemmers het deelgeneem en besonders goed gevaar. Die swemmers is almal tussen 9 en 14 jaar oud.  

Dryden Knoetze (9) en Troy Liebenberg (9) het albei aan vyf items deelgeneem en hul persoonlike beste tye in drie van hierdie items verbeter.  

Joshua Vermeulen (10) het aan nege items deelgeneem en sy persoonlike beste tye elke keer verbeter. Hy het ook vir drie finale gekwalifiseer en ‘n vierde plek behaal.  

Therése Van Den Berg (11) het haar beste tye in al vyf die items waarin sy deelgeneem het verbeter en vir twee items in die finale geswem. Sy behaal ‘n derde plek in die 200m Individuele Wisselslag.

Seruby Van Tromp (11) het aan ses items deelgeneem, in al ses gekwalifiseer vir die finaal en in vier van die items haar eie tye verbeter. Sy het twee vierde plekke behaal.  

Evan De Milander (11) het sy slag in 10 items gewys, waar hy dan ook in al die items ‘n plek in die finaal losgeswem het. Nie net het hy sy persoonlike beste tyd in elke item verbeter nie, hy het ook vier medaljes losgeswem.

Evan het ‘n derde plekke behaal in die 100 en 200m vryslag, ‘n tweede plek in die 50 m vlinderslag en goud vir die 200m borsslag.  

Laura Birkenstock (12) het in twee items geswem en haar persoonlike beste tyd in een verbeter en vir die finaal gekwalifiseer.

Dyne Mulder (12) het sy persoonlike beste tyd verbeter in al vyf items waaraan hy deelgeneem het. Hy het vir drie finale gekwalifiseer en ‘n brons medalje verower in die 100 m vryslag.  

CF Pretorius (14) het aan nege items deelgeneem en in drie daarvan sy persoonlike beste tye verbeter. Hy het vir vyf finale gekwalifiseer en ‘n vierde plek losgeswem.  

Die Titans het in 30 finale geswem. Hul afrigters Benny Janssen en Sylvia Van Tromp is baie trots op die jongspan en glo dat hule nog baie gaan verbeter in die toekoms.

“As ‘n afrigter kan ek nie gelukkiger of trotser wees op hierdie kinders nie. Hulle het geleer hoe belangrik dit is om hard te werk en om ‘n liefde vir swem as sport te kweek,” het Benny gesê.      

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button