Local newsNewsNewsSportSport
Voorspoed vir SA Swem kampioenskappe!
Sterkte met die SA's. Ons dink aan julle.
VANDERBIJLPARK. – Drie van Titans Aquatics se jong swemmers en hul afrigter, Benny Janssen, is op pad om na Gqeberha, voorheen bekend as Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Al drie het vir die Eastern Gauteng Aquatics span gekwalifiseer.
Hulle gaan aan die SA Junior en Senior Nasionale Kampioenskappe by die Newton Park Swembad deelneem van 6 – 11 April 2022.
Baie sterkte aan JP Nel (22) wat in die S14-afdeling swem, Geosh Nienaber (15) wat in die S9, SB 8 en SM9 klasse gaan swem en Dihandre Hartman (13) wat sy buiging by die Junior Kampionskappe gaan maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

