LifestyleNews

Dankie aan veearts en personeel vir dié deernis

"Rus saggies, Chase, en dankie vir al die jare se geluk en liefde wat jy ons gegee het."

Adri Heyns van Vanderbijlpark skryf:

28 Maart was ‘n seer dag wat ons harte in stukke geruk het. Ons worsie Chase het al ‘n rukkie lank behandeling by dr. Delport by Vanderbijlpark Dierekliniek gekry, maar ongelukkig moes ons hom afstaan aan ‘n genadedood nadat hy oornag te veel agteruit gegaan het.

Ons wil net dankie sê aan dokter Delport en die fantastiese personeel wat ons met sagte hande behandel het deur dié hartseer tyd. Dankie dat dokter ons hondjie goed behandel het elke keer as dokter na hom gekyk het. En ook aan die dames wat soveel deernis aan ons getoon het terwyl ons gister gewag het – en ook die vroue wat self daar was vir hul diertjies, baie dankie vir die simpatie teenoor ons.

Ons harte gaan nog lank seer wees oor ons woefie wat so oulik sokker gespeel het maar ons is dankbaar dat daar altyd ‘n plekkie is waarheen ons mense kan verwys. Rus saggies, Chase, en dankie vir al die jare se geluk en liefde wat jy ons gegee het.

 

********************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button