Katelyn Fourie het onlangs by die SA Skole Gala goud, silwer en brons in rugslag verower.
Hierdie week neem sy deel aan die SANJ swemkampioenskappe in Gqeberha in die Oos-Kaap.

Katelyn is deel van die Oos-Gauteng span en dis die eerste jaar wat sy aan die kampioenskappe deelneem.
Die hoofdogter van die Vaalpark Primêre Skool is deel van die J’s Aqua Klub en word deur Junita Le Riche afgerig.
Die SA kampioenskappe begin Woendag, 6 April en duur tot 11 April 2022.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

