Hernuwingsprobleme: Hopelik het donkies nie lisensies nodig nie!
"Dit maak mens mos sommer lus en koop ‘n donkie!"

Leynette Vivier van die Vaaldriehoek skryf:
Vandag is ek so verstom. Ek het my bestuurderslisensie op 19-jarige ouderdom gekry. Dit was 43 jaar gelede. Nog nooit, ooit, ooit het ek so gesukkel om my lisensie te hernu nie.
Ek staan vir vier ure in ‘n ry net sodat hulle dan kom tel en vir jou sê: “Oe-ê-ê, sorry né, but you will have to come back tomorrow”.
Ek gaan toe vier dae later terug net om te sien die hekke is gesluit en bande word gebrand. ‘n Dag of twee later maak ek ‘n aanlynafspraak vir paar dae later, net om daar te kom en by die sekuriteit te hoor dat hulle nog gesluit is en eers die Vrydag ‘n memorandum in Johannesburg gaan oorhandig. Wel, nou ry ek onwettig en wag om te hoor hoe gou my volgende afspraak is. Dit maak mens mos sommer lus en koop ‘n donkie, maar ek glo nie die donkie gaan hou van my gewig nie!
Illustrasiefoto onder: Dalk moet ons almal maar leer om ‘n donkiekar te bestuur! (Foto met erkenning aan www.askideas). 
************************************************************************************************

