Die Dierbeskermingsvereniging van Vereeniging & Vanderbijlpark laat weet dat hul span Saterdag hierdie drie skilpaaie by ‘n onwettige smous in De Deur gekry en gered het. Die skilpaaie is nou veilig in die DBV se sorg. Die DBV doen ‘n beroep op die publiek om nie wilde diere by smouse te koop nie, aangesien dit bloot die onwettige handel aanwakker. Wilde diere maak nie goeie troeteldiere nie en hoort in die natuur. Kontak asseblief die DBV se kantore by (016) 422 1505 om enige sulke sake aan te meld.


