LifestyleNews

Ry versigtig in laagliggende gebiede

Vierde dag van reën in die Vaaldriehoek. Ry versigtig, die paaie is nat!

Talle inwoners van die Vaaldriehoek rapporteer dat hulle sedert Vrydag (8 April 2022) tussen 40mm en 100mm reën gehad het. In sommige dele, soos Sasolburg, Vaalpark en die suide van Vanderbijlpark het dit ook heelwat gehael, hoewel min skade aangemeld is. Die korrels was gelukkig klein en die haelbui het met min wind gepaard gegaan.

Verskeie laagliggende areas van die Vaaldriehoek is tans risiko-gebiede vir motoriste. Een daarvan is die duikweg in Boy Louwweg, Vereeniging, waar daar teen gisternamiddag reeds baie water was. Dit lyk waarskynlik vanoggend steeds so of erger.  Beplan dus ‘n alternatiewe roete as jy vandag in daardie omgewing moet ry.

So het dit Sondagmiddag (10 April) by dié brug in Boy Louwweg, Vereeeniging, gelyk.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button