LifestyleNews

Ontmoet die vroue-entrepreneurs van Bethany Place

Dié groep Christen-sakevroue wens Vaalweekblad se lesers 'n baie geseënde Paastyd toe.

Bethany Place in Schumannstraat 24, Vanderbijlpark, huisves verskeie sakevroue wat uitmuntende dienste verskaf: Adara Beauty van Daniella Roberts; die Vera Black-kunsgalery van Magda Thomas; en Belle Beauty van Pauline Grobler en haar twee dogters. Dié groep Christen-sakevroue wens Vaalweekblad se lesers ‘n baie geseënde Paastyd toe.

*************************************************

Adara Aesthetic Spa

Daniella Johst Roberts.

 

Adara Aesthetic Spa in Bethany Place, Schumannstraat 24, Vanderbijlpark, het in Desember 2011 sy deure geopen met die eienaar, Daniella Johst Roberts (foto bo) as enigste terapeut. Adara is ‘n Griekse woord wat rustigheid, kalmte en skoonheid beteken.

Danksy Daniella se deursettingsvermoë, entrepreneurskap en passie het die salon na ‘n spa, en mettertyd na ‘n “Aestetic Spa” gegroei.

Die personeel is ten volle opgelei in veelvuldige behandelings en kan enige tyd met die groot stede se spa’s meeding. Maak gerus gedurende April gebruik van hul spesiale Paastyd-promosie. Lees meer oor die onderneming se dienste en produkte op hul webwerf: www.adara-beauty.co.za. Daniella en haar personeel wens al hul kliënte ‘n geseënde Paasfees toe.

Bianca Vermeulen, Adara client.

 

**************************************

Belle Beauty haarstileerders en bruidstudio

As jy jouself die afgelope tyd afgeskeep het, is Paastyd die regte tyd vir ‘n nuwe begin en ‘n voorkoms-make-over! Kom maak gerus kennis met Belle Beauty in Bethany Place. Belle Beauty het op 1 Mei 2019 hul intrek in die gebou geneem en word deur die bekende haarstilis Pauline Grobler en haar twee dogters, Jenine en Jessica bestuur. Hulle het nóg twee baie kundige haarkapsters in die salon. Jessica en Janine het ook ‘n passie vir hare en grimering en daar is ook ‘n bruidstudio op die perseel, waar voornemende bruide in privaatheid hul grimering, juwele en ander ekstras voor die troue kan kom beproef.

 

Pauline,  Jenine en Jessica van Belle Hair and make-up.

Meer besonderhede is beskikbaar by www.facebook.com/BelleBeautybyJenine/

 

************************

Vera Black Kunsgalery

Mev. Magda Thomas.

Mev. Magda Thomas, bekende sakevrou en eienaar van Bethany Place in Vanderbijlpark, is ook ‘n talentvolle skilder wat die kunsgalery, Vera Black, in die gebou bedryf. Besoek gerus die galery in Schumannstraat 24 om die lieflike kunswerke deur haarself en ander kunstenaars te besigtig of te koop. Magda, ‘n toegewyde Christen, leef haar talent uit as ‘n genadegawe van die Here.

 

Bethany Place in Schumannstraat 24, Vanderbijlpark

************************************************************************************

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button