Katelyn verbeter persoonlike beste tye
Eerste SANJ vir Katelyn agter die rug.
Een van Vanderbijlpark se opkomende swemsterre, Katelyn Fourie het persoonlike beste tye by die SA Nasionale Junior Swemkampioenskappe (SANJ) in Gqeberha (Port Elizabeth) opgestel.

Sy het ook vir ‘n finaal gekwalifiseer. Die kampioenskappe is van 6 – 11 April 2022 gehou.
Dit was Katelyn se eerste nasionale kampioenskappe en sy het die Oos-Gauteng span verteenwoordig. Haar afrigter, Junita Le Riche is baie trots op haar.
Katelyn wat tans in Graad 7 is het teen meisies in Graad 8 meegeding en haar goed van haar taak gekwyt.
Sy het een 8ste, ‘n 11de en twee 9de plekke behaal uit die 30-plus swemmers wat aan elke item deelgeneem het.
Sy het onlangs by die SA Skole Gala goud, silwer en brons in rugslag verower.
Katelyn het ‘n besonderse swemseisoen agter die rug. Ons sien uit om haar in die volgende swemseisoen dop te hou.

