Local newsNewsNews
Vyf beseer in botsing
Vyf mense, insluitend twee kinders, is beseer toe twee ligte voertuie Vrydagoggend (29 April 2022) met mekaar in Minaarstraat in Vaalpark gebots het.
VAALPARK. – Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het nooddienswerkers omstreeks 08:00 by die toneel opgedaag en een van die voertuie op sy dak aangetref.
Drie volwassenes, twee kinders (‘n meisie en ‘n seuntjie) het op die toneel rondgeloop.
Al vyf persone het geringe tot matige beserings opgedoen, maar gelukkig is niemand noodlottig beseer nie.
Die pasiënte is op die toneel behandel en later na nabygeleë hospitale geneem vir verdere sorg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

