Local newsNewsNews

Temperatuur daal, maar rinkhalse nog bedrywig in Vaal

Nick is die man wat meestal ingeroep word wanneer daar 'n onwelkome gas in wonings bespeur word. Vandag moes hy weer inspring om 'n rinkhals te verwyder.

Dis paartyd vir die pofadders en hoewel die temperatuur al heelwat koeler is, is die rinkhalse ook nog op warm dae bedrywig in hul soeke na die hitte van die son.

Plaaslike Netcare 911 nooddienswerker en gekwalifiseerde slanghanteerder, Nick van der Walt, moes die afgelope seisoen verskeie kere help om rinkhalse in die Vaaldriehoek-omgewing te verwyder.

 

Sy hulp is vandag weer ingeroep om saam met die Midvaal Brandweer  ‘n rinkhals in Valley Settlements, Randvaal te gaan verwyder.

Nick moes ook ‘n paar dae tevore ‘n pofadder by New Vaal Collieries gaan uithaal.

Die pofadder wat Nick by Vaal Colleries moes gaan uithaal.
Die rinkhals wat vandag by Valley Settlements verwyder is. Foto’s: Verskaf 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button