Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Vaalweekblad is beskikbaar vanaf Woensdag, 4 Mei 2022. Gaan koop dit gou en ontspan met lekker leesstof.
Daar is gedoriewaar alweer ‘n week verby. Dis tyd om weer die Vaalweekblad te kry.
Kyk, die week is daar allerande dinge aan’t gebeur. Van ongelukke tot ‘n amperse ongeluk op die Vaaldam.
Maar, ek praat nie uit nie. Julle sal maar self in die koerant moet lees.
Waaroor ek wel so bietjie kan uitwei is die stories waarmee ek my die week besig gehou het.
Ons maak nader kennis met Michael Redelinghuys, bekende biokinetikus en voorsitter van Vaalpark Primêr se beheerliggaam.
Vanuit Sasolburg kom ons meer te wete van ‘n spesiale dag wat vir die inwoners van Ons Gryse Jeug gehou is en dan ry ons sommer tot in Parys uit pure nuuskierigheid om te sien hoe lyk die Vaalrivier in vloed.
Lees meer oor ou en nuwe herinneringe van onse rivier in my rubriek, Ek sê maar net …
Ns. Die antwoord op vraag 8 van die blokkiesraaisel op bladsy 7 is hoogspring – maar julle het dit nie by my gehoor nie.
Lekker lees!
