Local newsNewsNews

Maskers moet steeds binneshuis gedra word

Ingevolge die nuwe gesondheidsregulasies moet Suid-Afrikaners steeds gesigmaskers binneshuis dra.

Die minister van gesondheid Joe Paahla en sy departement het Woensdagaand (4 Mei 2022) die beperkte regulasies in die staatskoerant laat publiseer.

 

Die nuwe regulasies kom nadat die oorgangsmaatreëls, wat gegeld het sedert die ramptoestand op 4 April ogehef is, verval het.

Volgens die nuwe regulasies moet maskers ook gedra word wanneer daar van publieke vervoer gebruik gemaak word.

Binneshuise samekomste word volgens die nuutste regulasies beperk tot 50% van die kapasiteit van die lokaal, indien almal teenwoordig ingeënt is en ‘n inentingsertifikaat kan toon. Indien die persoon nie ‘n inentingsertifikaat kan toon nie moet hulle ‘n negatiewe toetsuitslag toon. Die toets mag nie langer as 72 uur voor die byeenkoms gedoen word nie.

Indien dié vereiste nie nagekom word nie word die aantal mense tot 1 000 beperk, of 50% van die kapasiteit van die lokaal, wat ookal die kleinste van die twee is.

Buitelug samekomste word beperk tot 50% van die kapasiteit van die lokaal, indien almal teenwoordig ingeënt is en ‘n inentingsertifikaat kan toon. Indien ‘n inentingsertifikaat nie getoon kan word nie moet die persoon ‘n negatiewe toetsuitslag toon. Die toets mag nie langer as 72 uur voor die byeenkoms gedoen word nie.

Indien dié vereiste nie nagekom word nie word die aantal mense tot 2 000 beperk, of 50% van die kapasiteit van die lokaal, wat ookal die kleinste van die twee is.

Die eienaar of operateur van ‘n binneshuise of buitelug fasiliteit moet ‘n sertifikaat vertoon wat die aandui wat die maksimum aantal mense is wat die fasliteit kan akkomodeer.

Hotelle en gastehuise word toegelat om ten volle kapasiteit te funksioneer, maar gaste moet gesigmaskers in gemeenskaplike gebiede dra.

Instellings van basiese onderwys word uitgesluit van hierdie regulasies.

Internasionale reisigers moet teen COVID-19 ingeënt wees en ‘n geldige inentingsertifikaat of ‘n negatiewe toetsuitslag (PCR) kan toon wat nie meer as 72 voor die tyd van vertrek bekom is nie.

‘n Antigeen toetsuitslag wat negatief is en nie langer 48 uur voor die tyd van vertrek bekom is nie, is ook geldig.

Indien reisigers nie aan hierdie vereistes voldoen nie moet hulle hulself beskikbaar stel vir COVID-19-toetsing (antigeen toets).

Indien die reisiger COVID-19-simptome toon moet die reisiger vir ‘n tydperk van 10 dae self-isoleer vandat hulle in die republiek toegelaat is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button