Vaaldam: Alle sluise toe
Alle sluise by die Vaaldam is nou (Vrydag 6 Mei 2022) toe.
DENEYSVILLE. – Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) het Vrydag (6 Mei 2022) bevestig dat alle sluise by Vaaldam toegetrek is, met die laaste oorblywende sluishek wat op Vrydag, 6 Mei 2022 toegetrek is.
Na die bogenoemde sluiting sal al twaalf kleppe oopgemaak word en bedrywighede by die dam sal na die normale toestand terugkeer.
Sommige bedrywighede by die dam is tydelik gestaak ná die oopmaak van agt sluise as gevolg van ‘n groot hoeveelheid invloei wat ervaar is as gevolg van swaar reënval die afgelope weke.
Die besluit om sluise oop te maak is geneem om te verseker dat die hoë invloei nie skade aan infrastruktuur en wanfunksionering veroorsaak nie.
Sputnik Ratau, woordvoerder van die departement van water en sanitasie, sê water het uiteindelik hanteerbare vlakke bereik en daarom is daar besluit om die sluise toe te trek.
“Die ander sluise is die afgelope weke gesluit aangesien die invloei geleidelik meer hanteerbaar geword het,” het Ratau gesê
“Nou is alle hekke gesluit en bedrywighede by die dam sal soos gewoonlik hervat. Watervlakke by die dam is in ‘n gesonde toestand en as die departement sal ons voortgaan om die situasie fyn dop te hou,” het Ratau afgesluit.
*Volgens die jongste beskibare syfers wat uitgereik is was die dam teen Vrydag 106.5% vol.
