Local newsNewsNews

Stokkiesdraaipad – gevaarlike pad

Ons is dankbaar Gert is okay. Hoop jy is gou weer op die been.

VANDERBIJLPARK. – Daar was alweer ‘n ongeluk op die Stokkiesdraaipad.

Op Vrydag, 6 Mei 2022 was Gert Janse van Rensburg van The Bar with No Name en Benedetto on Vaal in ‘n ongeluk betrokke.

“Ek het vir twee mense uitgeswaai en toe het ek in ‘n bakkie vasgery,” het hy laat weet.

Gert Janse van Rensburg kort na die ongeluk. Ons is dankbaar hy is okay. Foto’s verskaf

Gert wat altyd op en aan die gang is, sê hy is nou vir die eerste keer in twee jaar genoodsaak om stil in die bed te lê en te rus.

“Ek lyk nou soos scarface” het hy gespot oor die diep, seer sny wat nou oor sy voorkop strek. Hy het ook bygevoeg hy gaan nog daardie pad regmaak.

Ons wens hom vinnige beterskap toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button