Local newsNewsNews
Penkoppe kap mooies vas
ORANJEVILLE. - Distrik 4 (Noord-Vrystaat se Varswater-hengelklubs) het onlangs hul ligawedstryd by Riviera, Vaaldam gehou.
Altesaam 112 hengelaars wat dames, seniors, meesters, juniors en penkoppe ingesluit het, het deelgeneem.
Klubs wat aan die wedstryde deelgeneem het sluit in:
Hap en Kap, Groenpunt DKD, Taaibos, Marico en Vaalrivier
‘n Totaal van 894 vis met ‘n gewig van 780kg was ingeweeg vir punte oor die twee dae.

Hap en Kap het twee penkoppies gehad wat die koue trotseer het en kon spog met goeie vangste. Lex Jordaan en Michael Meyer sal aan die liga finaal deelneem wat op 21 Mei by Vaaldam plaasvind.
Alle klubs in die Vrystaat wat deurgedring het na die finaal sal meeding vir die 1ste, 2de en 3de plek, asook individuele wenners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

