NewsNews

Midvaal se brandweermanne van die taaistes daar buite

Beamptes van Midvaal-brandweer in Meyerton het op 28 Julie 2022 weer aan die Toughest Firefighter-kompetisie by Dräger in Johannesburg deelgeneem waar hulle 'n algehele eerste plek en 'n tweede plek in die kompetisie behaal het.

MIDVAAL. – Die brandweermanne is tydens dié uitdaging in drie afsonderlike kompeisies getoets.

As deel van die Toughest Firefighter-uitdaging moes die deelnemers onder meer ‘n 30kg brandslang by vier stelle trappe op dra, ‘n 30 kg gewig ophys, ‘n pop wat 85kg weeg vir 30 m sleep en met ‘n volgelaaide brandslang rondhardloop.

As deel van die Crossfit-uitdaging moes deelnemers roei, 80 kg gewigte optel, gewigte rond dra en 30kg medisyneballe optel.

Dan was daar ook ‘n reddingsuitdaging waartydens die brandweermanne ‘n mannekyn uit ‘n beknopte spasie moes red.

Al die uitdagings moes in volle uniforms gedoen word en in die kortste tyd moontlik voltooi word.

Midvaal-brandweer se span bestaande uit C. Vermeulen, E. Pienaar, FC. Truter, P. Zwane en J. Moreba het ‘n eerste plek in die kompetisie behaal.

Midvaal-brandweer se span bestaande uit T. Engelbrecht, K. Botha, C. Luvhimbi, M. Mokgatle en T. Mudzili het die tweede plek in die kompetisie behaal.

Midvaal-brandweer se beamptes het ook individueel topplekke in die kompetisie behaal.

K. Botha (derde plek), C. Luvhimbi (derde plek), N. Gouws (derde plek) en T. Engelbrecht (tweede plek) het almal die podium gehaal.

Midvaal-brandweer het baie silwerware huistoe gebring. Foto: Verskaf
Midvaal-brandweer se wenspan. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button