Local newsNews

Spanners se Hat-trick Held

Dié jongeling van HTS Sasolburg mag maar boul. Sy boulwerk het vir groot opwinding gesorg in die 16de boulbeurt.

SASOLBURG – Krieket entoesiaste sal weet, ʼn hat-trick, waar drie paaltjies in drie balle geneem word, gebeur nie sommer nie.

Geen wonder HTS Sasolburg loop breëbors rond na hul wedstryd teen Vereeniging Gimnasium se Wit Luiperds nie.

In die 16de boulbeurt het AJ Coetzer enige bouler se droom verwesenlik en drie uit drie gekry.
Twee paaltjies het hy laat spat en die derde een het hy self gevang nadat hy die bal sekuur afgestuur het!

Hy het drie paaltjies geneem en net 23 lopies afgestaan. AJ is beloon met die wedstrydbal.
HTS Sasolburg sê: “A rare and brilliant milestone on the cricket field — outstanding effort, AJ!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button