NewsNews

Argeologiese Vereniging besoek rotsgravures buite Redan

'n Groep besoekers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Argeologiese Vereniging het Sondag (31 Julie 2022) die rotsgravures buite Redan besoek om meer daaroor te leer.

VEREENIGING. – Die rotskuns is lank gelede vermoedelik deur die Khoikhoi in sandsteenrotse op die plaas Waldrif uitgekerf.

Wat sandsteenrotse buite Redan so spesiaal maak is dat dit besonder ryk is aan rotsgravures. Daar is tussen 200 en 300 rotsgravures wat daar ontdek is.

Die gebied, wat in 1971 as ’n nasionale monument verklaar is en in terme van die wet op nasionale erfenishulpbronne van 1999 as ’n provinsiale erfenisgebied beskou word, word toenemend deur mynboubedrywighede bedreig.

‘n Groep besoekers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Argeologiese Vereniging het Sondag (31 Julie 2022) die rotsgravures buite Redan besoek. Foto: Christiaan Cloete

Dr. Jeremy Hollman, ‘n rotskunsspesialis verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, het Sondag die ekspedisie na die rotsgravures gelei en ‘n prentjie geskets van die omstandighede waartydens die Khoikhoi moontlik die rotskuns geskep het.

Kenners meen dat dit ‘n seremoniële plek was en dat die rotsgravures oor ‘n tydperk van verskeie generasies in die rots gekerf is.

Die groep van die Argeologiese Vereniging het ook vroeër die dag ook die Witkop-blokhuis langs die R59-snelweg besoek.

*Meer oor die besoek in ons gedrukte koerant.

Die gebied is besonder ryk aan rotskuns. Daar is tussen 200 en 300 rotsgravures. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button