Eurekaskool se spogdinee
Eurekaskool vir leerders met erge fisiese en verstandelik gestremdheid se jaarlikse fondsinsamelingsdinee was weer 'n groot sukses.
VEREENIGING. – Die Eurekaskool se jaarlikse dinee is ‘n hoogtepunt op hul kalender van fondsinsamelingsprojekte.
Hierdie jaar is die spoggeleentheid op 21 Julie 2022 gehou. Sowat 260 gaste het die funksie by Lion’s Creek bygewoon.
Prof. Stephan Joubert, bekende leraar en skrywer was die gasspreker, terwyl die akteur, Germandt Geldenhys as gaskunstenaar opgetree het.
Hy is veral bekend vir sy rol as Louis Koster in die televisie-sepie, Binnelanders.
Die skool se skakelbeampte, Santie Sauermann het na die dinee gesê: “Die Vaaldriehoek se harte en hande was oop vir die goeie saak en Eurekaskool staan net in diepe dankbaarheid oor die goue harte van die sakelui.
“Dankie vir elkeen wat deel was van die aand se sukses. Ona is opreg dankbaar vir elkeen wat met hulle ondersteuning ‘n verskil maak in die lewe van ons gestremde kinders.”
