NewsNews

Vrae nadat leerder onder bus beland, saamgesleep word

'n Graad 11-leerder van Meyerton Secondary School is Dindsdag (26 Julie 2022) dood toe hy onder 'n skoolbus beland en deur die bus saamgesleep is.

Volgens Steve Mabona, ‘n woordvoerder vir die departement van onderwys, het die voorval omstreeks 07:05 in die oggend gebeur toe leerders besig was om op die skoolbus te klim.

Vaalweekblad se susterskoerant, Sedibeng Ster, berig dat die 18-jarige Tshepo Tsotetsi glo geval en onder die bus se wiele beland het.

Blykbaar het hy vir die bestuurder geskree om te stop.

Volgens ooggetuies is hy glo vir ongeveer ‘n meter saamgesleep.

Tsotetsi se ma, Annah Tsotetsi (53), sê die familie is verpletter en soek na antwoorde.

Volghens Mabona het leerders van die skool Woensdag (27 Julie 2022) trauma berading ontvang.

Hy sê die onderwysdepartement het ‘n ondersoek na die voorval gelas.

Intussen word vervoer na skole sedert Woensdag deur ontstoke inwoners ontwrig.

Die Gautengse LUR vir onderwys het verlede week vir kalmte gevra.

Ons wil graag ons innige meegevoel teenoor die familie van die leerder betuig wat op hierdie grusame wyse beswyk het.Ons veroordeel ook die voortslepende ontwrigting van skoliervervoer in Sedibeng, wat ook die opvoeding van ons leerders negatief beïnvloed. Ons doen ‘n beroep op lede van die gemeenskap om leerders toe te laat om vervoer te gebruik,” het Lesufi gevra.

Die Demokratiese Alliansie het verlede week hul meegvoel met Tshepo se familie uitgespreek.

Dennis Ryder, die DA se streeksvoorsitter vir die Vaal-streek het gevra vir ‘n deeglike ondersoek en gesê dat indien daar oortree is, die oortreder verantwoordelik gehou word.

Gauteng staar ‘n oorbelaste skoliervervoerstelsel in die gesig met oorvol busse en bestuurders wat gefrustreerd geraak het omdat te veel passasiers in hul voertuie probeer klim. Daar is onvoldoende skole in ons woonbuurte, wat die vervoer van skoliere van hul woonbuurte na die naaste skool noodsaak.

Na verneem word, vereis Gauteng dat meer as 20 nuwe skole jaarliks gebou moet word om tred te hou met die bevolkingsgroei en in-migrasie uit ander provinsies. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het vroeër vanjaar op rekord gesê dat daar ‘n agterstand van meer as 100 skole in Gauteng is. Tog beoog die provinsie om slegs 5 nuwe skole in die huidige boekjaar te bou.”


Die Demokratiese Alliansie doen ‘n beroep op die Departement van Onderwys in die Provinsie om die toestand van oorbevolking, beide by skole en in die vervoerstelsel, dringend te evalueer en om dringend begroting aan skoliervervoer op kort termyn te prioritiseer en om skole regoor die provinsie te bou in die mediumtermyn ten einde te verseker dat geen kind in gevaar sal wees nie.”

Mag Tshepo se siel in vrede rus en sy familie en vriende die krag vind om voort te gaan na Tshepo se tragiese dood,” sê Ryder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button