Local newsNewsNews

Dis weer tyd vir Casual Day

Ondersteun Eurekaskool, kry jou Casual Day plakker vandag!

VEREENIGING. – Casual Day is elke jaar een van Eurekaskool vir fisiese en verstandelik gestremde leerlinge se groot fondsinsamelingsprojekte.

Die skool het op Vrydag, 29 Julie hierdie jaar se veldtog met groot feesvieringe afgeskop. Daar is ook ‘n spesiale ontbyt gehou en die Casual Day organiseerders was ook daar om die geleentheid te vier.

Hierdie jaar is die 28ste keer wat Suid-Afrikaners Casual Day gaan vier op 2 September 2022. Oor die jare is daar al meer as R411 miljoen ingesamel vir personde met gestremdhede deur hierdie veldtog.

Die tema vir 2022 is #ICelebrateSA. Gaan loer gerus op die webtuiste: www.casualday.co.za om te sien watter t-hemde, pette en ander pretitems is hierde jaar beskikbaar.

Om Eurekaskool te ondersteun, kan plakkers teen R20 per plakker by die skool gekry word. Kontak gerus die skool se skakelbeampter, Santie Sauermann by 073 181 4096 om deel te word van hierdie besondere veldtog.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button