Uit my pen – die week in Vaalweekblad
'n Voorsmakie van wat jul die week in Vaalweekblad kan lees.
Die week is die Vaalweekblad weer van blad tot blad gepak met nuus en kompetisies. Die “besties” se foto’s pryk twee bladsye vol en die blokraai gaan jou besig hou.
Oor my kollegas se stories kan ek nou nie uitpraat nie, maar hier is die een en ander oor die wat ek neergepen, (of dan getik) het.
Ek was bevoorreg om die sakekamer se snoekfees by te woon en lekker saam te kuier. Lees meer oor waar en hoe die fees sy ontstaan gehad het op bladsy 2.
Verlede jaar het ek berig oor gesinne in die Vaaldriehoek wat ‘n noodgedwonge skeiding beleef nadat die Covid-pandemie landsgrense gesluit het en hulle in Suid-Afrika gestrand was terwyl besittings en mans alreeds oorsee was.
https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/111965/gesinne-bid-om-kersfees-herenig-te-wees/
Die week het ek by Lizelle Samons gekuier wie se man, Charles nou al 32 maande alleen in Nieu-Seeland is. Gelukkig is daar lig op die horison vir die gesin. Lees meer op bl. 4.
Was ook ‘n groot lekkerte om met ‘n oud-onderwyser uit my laerskool dae, Mnr. Thunis Laubscher te gesels. Hy het op 31 Julie na bykans 40 jaar in die onderwys afgetree het. Sy storie is op bl. 10.
In my rubriek, Ek sê maar net, krap ek kop oor die stand van sake by die munisipaliteit en alles wat deesdae so gesteel word. Ek was oor die naweek nie ‘n “happy-chappy” nie. Lees meer op bl. 11.
Mag julle ‘n goeie week hê en onthou die Vaalweekblad is vanaf 3 Augustus beskikbaar by vulstasies en winkels vanaf Meyerton, Vereeniging en Vanderbijlpark tot by Vaalpark en Sasolburg.
