VAALPARK. - Die Bar with no Name het al vir verskeie eerstes in die Vaaldriehoek gesorg, maar gisteraand se Slap Fight-kompetisie sal iets wees om te onthou!
Freddie Bezuidenhout van Vanderbijlpark ontvang sy eerste klap!
Die kaartjies vir dié aand was sommer lank voor die groot aand uitverkoop en ‘n volgepakte saal het aanskou hoe hierdie nuwe “sportsoort” sy eerste baba-treetjies in Suid-Afrika en die Vaal gee.
Daar was 15 gevegte (waarvan twee vroue was). Deelnemers van sover as Thabazimbi, Pretoria en Boksburg, en natuurlik die Vaal se eie dapper manne (en een vrou) was in aksie.
Soos met enige kontaksport was daar natuurlik beserings ook. ‘n Paar deelnemers moes deur die personeel van Vaal Emergency Care behandel word, en daar was ook een deelnemer wat hospitaal toe geneem moes word. Daar is gelukkig later bevestig dat hy weer heeltemal “okay” is.
Die volledige uitslae en nog foto’s sal in Woensdag se Vaalweekblad verskyn.
Aksie tydens die aand se gevegte – Foto’s: Elsje Vermeulen
Nog ‘n taai klap word geplant!Chris du Plessis (The Block) van Vanderbijlpark meet mooi waar hy Danie (Pitbull) van Heerden van Meyerton wil tref.Die houe het geval en daar is telkens mooi dopgehou of deelnemers kan voortgaan.Plaaslike deelnemer Renier Stols maak gereed om te ontvang.Renier word “gepunish” deur The Punisher – Bobby Krisch van Boksburg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za