Die "vulkaniese uitbarsting" (hooffoto) was een van die hoogtepunte van die dag en het kinders se monde laat oophang (inlas). Foto: Christiaan Cloete
VEREENIGING. – K. Kids Of The Future, ‘n kleuterskool wat in Duncanville (agter Laerskool Vryheidsmonument) geleë is, het Saterdag ‘n fees by Laerskool Unitaspark gehou.
Volgens Karina Gerber, eienaar van K. Kids Of The Future, was die doel van die fees om fondse vir die Eagle Wings-skuiling in Riversdale in te samel en ook vir opknappingswerk aan die kleuterskool.
Daar was heelwat stalletjies met allerhande lekkernye, musiek deur plaaslike kunstenaars, ‘n motoruitstallinge, springkastele en glybane.
Een van die hoogtepunte was die “vulkaniese uitbarsting” wat deur die span van die Witjassie Natuurwetenskap-program bewerkstellig is.
Die Witjassies is ‘n groep wat help om kinders se belangstelling in wetenskap te prikkel deur middel van interessante wetenskapeksperimente.
‘n Seuntjie smul aan spookasem tydens die K. Kids Of The Future-fees. Foto: Christiaan CloeteDie plaaslike sangeres Landee het vir die vermaak gesorg. Foto: Christiaan CloeteMelissa Strauss van die Witjassie Natuurwetenskap-projek praat met kinders oomblike voor sy die vulkaan laat uitbars het. Foto: Christiaan CloeteCharné Wiese, Jordan Chinoco en Nicolene du Plooy van Die Spens stal hul souse by die fees uit. Foto: Christiaan CloeteCrescendo Lee, Cecil Parsons en Ntombi Radebe van ER24 se Vaaldriehoek-tak by die K.Kids Of The Future-fees. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!