NewsNews
‘Bikers’ en VF Plus werk saam om Vaal gemeenskap te help
VANDERBIJLPARK. - Die motorfiets-gemeenskap het al telkens bewys dat hulle groot harte het. Vanjaar was dit weer so toe hulle onder leiding van Gys Barnard in samewerking met die VF Plus, ingespring het om gedurende die koue wintermaande verligting te bring.
“Die motorfiets-gemeenskap se harte is tien keer kroter as hulle motorfietse en ‘n massa items is deur hulle ingesamel,” sê Hein van der Lith van die plaaslike VF Plus, wat met die fondsinsameling en die uitgee daarvan betrokke was.
Komberse, Kussings, Baadjies en truie, klere, kombuisware, nie bederfbare kosse en nog vele meer is aan mense in nood geskenk.
“Hierdie bydrae van die motorfiets gemeenskap het voorwaar groot verligting vir baie mense gebring en ons bedank hulle in alle opregtheid vir hulle onbaatsugtige betrokkenheid,” sê Hein.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
