NewsNews

Vanderbijlpark-buurtwag blus twee brande in een aand

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 5 Augustus twee brande ná mekaar geblus. Hendrik Small, leier van die Vanderbijlpark-buurtwag, het omstreeks18:00 ’n oproep oor ’n brand by die Hoërskool Vanderbijlpark ontvang en gaan ondersoek instel.

Kort daarna het die res van die buurtwag opgedaag met die tak se vuurvegter. Die brand was agter geboue aan die kant van die skool waar ’n hoop gras en blare gelê het. Dit het hulle sowat ’n uur geneem om die brand te blus.

Die brand by die skool was nog nie eers geblus nie toe die buurtwag bewus gemaak is van nog ’n brand. Hierdie brand was langsaan by die sportgronde tussen die skool en die Centurion Motorfietsklub se klubhuis. Dit het hulle ook sowat ’n uur geneem om hierdie brand te blus.

Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoödineerder vir die Wes-Rand, wil elke patrolleerder bedank vir sy tyd en energie wat hulle insit om ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

“Sonder hierdie groepie mense sou dinge baie slegter gewees het in Vanderbijlpark aangesien die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glad nie hul verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap nakom nie.”

Diegene wat by die Vanderbijlpark-tak wil aansluit, kan ’n e-pos stuur na vanderbijlpark@afriforumtak.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button