NewsNews

Hap en Kap Hengelklub weeg 103,12kg in vir punte

SASOLBURG. - HAP en KAP Hengelklub het sy maand kompetisie op 23 Julie by Moolmans Vaaldam net buite Oranjeville gehou en puik vangste was aan die orde van die dag.

Daar was 13 hengelaars, waarvan twee besoekers was, wat aan die kompetisie deelgeneem het. Altesaam 95 vis met ‘n gewig van 103,12kg was ingeweeg vir punte.

Die swaarste spesies was as volg: karp 2,619kg – Juandré Niemand, moddervis 1,140 kg – Marius Crous, graskarp 3,169kg Tennyson Coleskey en geelvis 0,880kg gevang deur Christo Havenga.

Juandré Niemand en Kit Taljaard wie as besoekers deelgeneem het, het behoorlik sand (of is dit vis) in hul teenstanders se oë geskop. Die twee hengelaars het gesamentlik 39 vis gevang waarvan Kit 25 vis (30,325kg) ingeweeg het.

Kit Taljaard met sy vangs vir die dag.

Dit was ‘n koel oggend, maar later die middag het dit begin reën en ‘n baie sterk wind het begin waai, maar dit het nie die vis laat afsien om hoek te vat nie.

Marius Crous (een van die klublede) het die beste vangs vir die dag aangeteken met sy 8 vis (8,475kg).

Die volgende kompetisie is op 27 Augustus by van Driels, Vaaldam.

Enige persoon wie belangstel om by die klub aan te sluit kan vir Leon Meyer kontak op 083 775 4639.

Die pragtige foto’s is deur Leon Meyers op die dag langs die viswaters geneem.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button