NewsNews

Inwoners praat, Cyril luister

Inwoners van die Sedibeng-distrik het Vrydag (12 Augustus 2022) die geleentheid gehad om direk met president Cyril Ramaphosa te praat oor die dinge wat hulle pla.

SHARPVILLE.- Die president, kabinetsministers, regeringsamptenare en ander hooggeplaastes was Vrydag by Sharpville se krieketveld om te hoor wat gemeenskapsleiers te sê het tydens die Presidensiële Imbizo.

Die doel van die besoek is volgens die presidensie om “seker te maak dat niemand agter bly terwyl die regering met alle sektore van die samelewing werk om die land vorentoe te neem nie” en is ‘n manier vir inwoners om “gehoor te word” en “ingesluit word by ontwikkeling”.

Die Gaugengse Premier David Makhura het in ‘n openingstoespraak die Sedibeng-distrik as die “geboorteplek van industrialisasie in Gauteng beskryf, maar gesê dat daar die streek in die afgelope paar jaar sleg agteruitgegaan het.

Die ekonomie van die Vaaldriehoek is in ernstige moeilikheid en ons het die provinsiale sowel as die nasionale regering se hulp nodig om ons te help die ekonomie te herbou,” het hy in die teenwoordigheid van die president gesê.

Makhura het die hoë werkloosheidskoers (64%), die agteruitgang van die plaaslike ekonomie, die stand van plaaslike infrastruktuur en probleme met plaaslike regering uitgesonder as van die grootste probleme waarmee die streek worstel

Na die tyd het gemeenskapleiers die kans gekry om te praat oor wat hulle pla.

Die polisieminster Bheki Cele was ook daar. Foto: Christiaan Cloete
Eskom se uitvoerende hoof, Andre de Ruyter, Vrydag in Sharpville. Foto: Christiaan Cloete
Mpho Khambule van die Vereeniging for Change-beweging vertel hoe plaaslike sakelui geld moet uithaal om infrastruktuur in Vereeeniging se middestad self in stand te hou. Foto: Christiaan Cloete
Klippies Kritzinger, president van die Goue Driehoek Sakekamer, sê sakelui is bereid om saam met die plaaslike regering te werk. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button