NewsNews

Kinders leer oor noodhulp en brandbestryding

“Kinders moet weet wat hul kan doen as ‘n maatjie skielik seerkry of iets aan die brand raak." - Nick Rheeder

VANDERBIJLPARK. – Nick Rheeder en Chantell Steffens van die Purple River Training Centre het Saterdag, 30 Julie hul Superhero kids to the rescue-projek geloods.

Deur hierdie projek gaan hul probeer om soveel as moontlik kinders tussen 8 en 16 jaar in basiese noodhulp en brandbestryding op te lei.

Saterdag het hul die kursus vir nege kinders, die meeste van ‘n plaaslike kinderhuis, gratis aangebied. Daar is onder meer video’s gekyk, ‘n vuur geblus en wonde toegedraai. Hulle het ook die kans gehad om kardiopulmonêre resussitasie op ‘n pop te oefen en vir die pret is almal se bloeddruk geneem.

Die kinders het prentjies met die noodnommers ingekleur wat hul kon huis toe neem. Elke kind het ook ‘n Junior Noodhulp- en Brandbestrydingsertifikaat gekry.

Nick sê hulle beoog om die kursus elke laaste Saterdag van die maand teen ‘n minimale koste aan te bied.

Hy is ook van plan om met die skole in die omgewing in verbinding te tree om die kursus ook by die skole te kan aanbied.

“Kinders moet weet wat hul kan doen as ‘n maatjie skielik seerkry of iets aan die brand raak. Ons leer hulle om nie paniekerig te raak nie en om die regte noodnommers te skakel. Deur hul baie basiese noodhulp te leer kan dit net help om iemand se lewe te red,” het hy gesê.

Die klasse word by Smaragstraat 13 in Bonanné in Vanderbijlpark aangebied. Vir meer inligting, WhatsApp ‘n boodskap na 060 372 7136.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button