NewsNews

Vandag is Afrikaanse Taaldag

Vandag is Afrikaanse Taaldag! Daar word algemeen aanvaar dat Afrikaans sy beslag eintlik gekry het met die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl en daarom word 14 Augustus elke jaar as Afrikaanse Taaldag herdenk.

“Afrikaans, die hartstaal van soveel Suid-Afrikaners, moet gekoester, bewaar en uitgebou word en vele sprekers en organisasies beywer hulself juis daarvoor. Daar is egter ook diegene wat Afrikaans as ʼn politieke speelbal gebruik,” sê Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Kuns en kultuur in ‘n mediaverklaring.

“Terwyl die aanslag teen Afrikaans geweldig is, is daar politieke partye en organisasies wat die stryd om die beskerming van Afrikaans misbruik vir politieke gewin.

“Die ANC-regering loods gereeld aanvalle op Afrikaans as voertaal in die onderwys en andersins. ʼn Voorbeeld is die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, wat geweier het om Afrikaans as inheemse taal van Suid-Afrika te erken en die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, se voorneme om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander.

Sy sê hierdie is enkele voorbeelde van hoe die ANC openlik jag maak op Afrikaans om goedkoop politieke punte aan te teken.

Sy voer verder aan dat dit  ʼn direkte gevolg van die ANC se politiekery is dat miljoene Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners verstoot en gemarginaliseer voel omdat hul moedertaal nie na behore erken, waardeer en gerespekteer word nie.

“Dit druis in teen die sogenaamde nasiebou en sosiale kohesie-doelwitte wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan van die ANC vervat is.

Die Taalmonument in die Paarl.

“Die onderdrukking van ʼn taal het egter meestal die teenoorgestelde uitwerking wat tot gevolg het dat sodanige taal floreer te danke aan sy sprekers.

“Die VF Plus vier dus vanjaar diegene wat Afrikaans ná aan die hart koester as moedertaal en spreektaal.

“Diegene en organisasies wat hulself beywer vir die uitbou en bewaring van Afrikaans, wat Afrikaans daagliks ook as akademiese en wetenskapstaal gebruik en bevorder en dié wat Afrikaans as moedertaal aan hul kinders oordra, sodat Afrikaans van geslag tot geslag van krag tot krag gaan.

“Die gees van Afrikaans is een van oorlewing en selfbeskikking. Daar waar die regering die taal wil onderdruk, floreer dit juis,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button