Vaaldam vir eerste keer sedert Desember 2021 minder as 100% vol
Volgens die nuutste syfers wat deur die departement van water en sanitasie uitgereik is was die Vaaldam teen Maandag 15 Augustus 2022 100.1% vol. Dit beteken dat die dam binnekort vir die eerste keer sedert Desember 2021 minder as 100% vol sal wees.
Suid-Afrika is ‘n waterskaars land en landsburgers word gereeld gevra om hul deel te doen om water te spaar.
Hier is ‘n paar wenke wat die departement van water en sanitasie uitgereik het om jou te help om water te spaar:
In huis/By die kantoor
*Wanneer jy jou gesig was of jou tande borsel, draai die kraan toe as jy dit nie gebruik nie. Moenie die water laat loop nie.
*Deur 5 minute lank te stort gebruik jy ‘n derde van die water wat jy sou gebruik het as jy gebad het.
*Jy gebruik ongeveer 20 liter water vir elke minuut wat jy stort.
*Indien jy wel verkies om te bad, moenie die bad heeltemal vol tap nie.
*’n Bad neem tussen 50 en 180 liter water.
*Laevloei-stortkoppe, “dubbele vloei”-toiletmeganismes en waterdoeltreffende wasmasjiene kan jou help om water te spaar.
*Moenie die ketel heeltemal vol tap nie as jy besluit om water te kook nie. Dit kan ook help om jou kragverbruik te verminder.
*Moenie houers soos kookpotte heeltemal vol tap nie, dit sal jou help om krag en water te spaar.
*Deur die volume water wat jou toilet wegspoel te verstel kan jy help om water te bespaar.
*’n Toilet wat lek kan tot 100 000 liter water in ‘n jaar verlore laat gaan. As jou toilet lek, maak dit reg.
*Moenie die toilet onnodiglik spoel nie. Dit neem ongeveer 12 liter water om die toilet te spoel.
*Jy kan badwater of water wat gebruik is om klere te was om jou toilet mee uit te spoel.
*Moenie jou swembad te vol tap of dit te veel uitspoel nie.
*Jy kan water spaar deur ‘n emmer in plaas van ‘n tuinslang te gebruik om jou kar te was.
*Moenie chemikalieë by die drein afspoel nie.
*Indien jy boer hou skadelike insekdoders weg van waterbronne, riviere en stroompies.
*Fabrieke moet die nodige sorg neem om toe te sien dat hulle nie kwik en ander swaar metale in die water laat beland nie.
*Mense in stedelike gebiede word aangeraai om nie die rivieroewer as ‘n toilet te gebruik nie.
