Local newsNewsNews

Vaalpark Primêr se jongspan vier Vrouedag

Op 5 Augustus het Vaalpark Primêr gewemel van kleine prinse en prinsessies.

VAALPARK. – Vrouedag het nie ‘n ouderdomsbeperking nie. Op dié word Vrouwees gevier en dankie gesê vir al die vroue wat so ‘n groot rol in die geskiedenis en vandag steeds vertolk.

By Vaalpark Primêre Skool het die juniors ‘n spesiale Prinse en Prinsessiedag gehou op Vrydag, 5 Augustus.

Van die dag se Prinse

Maniela Venter het laat weet die kleintjies het die dag baie geniet en soos ware prinsessies in hul mooiste rokkies, hoëhakskoentjies, krale en tiaras opgedaag.

Die lipstiffie het ook nie agterweë gebly nie en hulle het almal spoggerig gelyk.

Die seuntjies het ook nie op hul laat wag nie en het in hul krone, koninklike mantels met swaarde opgedaag – is mos ‘n prins se werk om die prinses te beskerm.

Maniela sê hulle het die dag gebruik om jongspan te leer dat elkeen God se Prins en Prinses is en dat hul nooit hul waarde moet vergeet nie.

Hulle het ook die seuns geleer om altyd die meisies mooi te behandel. Ook dat almal mekaar met respek moet hanteer en mekaar moet ondersteun.

Die prinse het die lesse ter harte geneem en heeldag toegelaat dat die prinsesse eerste loop.

Meer foto’s van die dag is beskikbaar op Vaalpark Primary School/Vaalpark Primêre Skool se Facebookblad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button