Local newsNewsNews

Nuwe sakekamer vir Midvaal

Daar kom 'n nuwe sakekamer vir die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en plaaslike sakelui word uitgenooi om aan te sluit.

MIDVAAL. – Sakelui en die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit wil ‘n nuwe sakekamer vir die Midvaal-gebied tot stand te bring om die belange van plaaslike sakeondernemings te bevorder en plaaslike ondernemings by ontwikkelingsprojekte in die gebied te betrek.

Plaaslike sakelui word uitgenooi om aan te sluit.

Midvaal het voorheen ‘n sakekamer gehad maar dit het oor die jare doodgeloop.

Reginald Hubbard, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, gesels Maandag (15 Augustus 2022) met sakelui by die Midvaal-stadsaal. Foto: Christiaan Cloete

Met die snelle tempo waarteen ontwikkeling die afgelope paar jaar in die Midvaal-gebied plaasgevind het en met meer ondernemings wat hulle hier vestig is plaaslike sakelui en rolspelers dit eens dat dit belangrik is om so ‘n sakekamer tot stand te bring.

Reginald Hubbard, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, het Maandag (15 August 2022) tydens ‘n vergadering met sakelui by die stadsaal in Meyerton gesê dat die totstandkoming van ‘n nuwe sakekamer kan help om plaaslike sakelui te betrek by projekte in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.

Daar was die afgelope paar jaar snelle ontwikkeling in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, veral langs die R59-snelweg, ‘n gebied wat swaar nywerhede, grootskaalse vervaardiging en ander besighede kan akkommodeer.

Die sakekamer kan ook help met netwerkgeleenthede en om plaaslike sakelui en ondernemings aan mekaar voor te stel.

Dit is ook ‘n goeie manier om op hoogte te bly van nuwe ontwikkelings in die gebied.

Hubbard sê die eerste stap is om lede vir die sakekamer te werf en ‘n raad te verkies.

Danelle Dreyer, ‘n plaaslike sakevrou, toon belangstelling om by die nuwe Midvaal Sakekamer aan te sluit. Foto: Christiaan Cloete
Reginald Hubbard, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, spreek Maandag (15 Augustus 2022) sakelui toe by die Midvaal-stadsaal oor die voordele van lidmaatskap aan ‘n sakekamer. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button