NewsNews

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek 3 plaaslike laerskole

VANDERBIJLPARK/MEYERTON. - AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 15 Augustus by Laerskool DF Malherbe en Laerskool Totius in Vanderbijlpark, en Laerskool Voorwaarts in Meyerton besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg vir ’n veilige gemeenskap, nie net vir nou nie, maar ook vir die toekoms.

“Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word met die nodige kennis en vaardighede toegerus om as ’n leier in situasies op te kan tree waar afknouery plaasvind – om boeliebestand te wees.

“Leerders word verder ook geleer om tussen afknouery en konflik te onderskei. Die doel van die praatjie is om leerders te bemagtig en hulle ook oor die gevare rakende kuberafknouery in te lig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

Matteus (AfriForum) saam met Aiden Pile (graad 3) en die leerders van Laerskool DF Malherbe.

Boeliegedrag word al hoe meer by Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers aangemeld. Die navrae kom meer vanaf die laerskole en die intensiteit van dié voorvalle word toenemend erger.

“Die teenboelieveldtog skep bewusmaking rakende boeliegedrag asook hoe om dit proaktief te hanteer. Dit is belangrik dat die boodskap by die leerders, ouers en onderwysers uitkom, sodat dit in geheel getakel, hanteer en verminder kan word,” sê Mariette Hartley, maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand se Wes-Rand en Vaaldriehoek-tak.

Vir meer inligting rakende AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Erwee Hex (graad 7) saam met Matteus (AfriForum) en die leerders van Laerskool Voorwaarts.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button