Local newsNewsNews

CSAP vier Vrouedag met elegante flair

Die Central South African Pageant (CSAP) het hul eerste groot funksie in styl gevier.

VEREENIGING. – Die Central South African Pageant (CSAP) het hul eerste Vrouedagvieringe met groot sukses aangebied.

Die spog-oggend is by die Lord Signature Hotel gehou met elegante ondertone van Superhelde as tema.

Een van CSAP se direkteure Werner Volschenk saam met CSAP se Mr Pre-Teen ambassadeur, Wynand Bezuidenhout Foto: verskaf

By die geleentheid het die semifinaliste in hierdie jaar se kompetisie ook die geleentheid gekry om hul talente op die loopplank ten toon te stel.

Die opgewondenheid was groot want van die pre-teens tot by die Miss, Mr en Mrs CSAP semifinaliste kon die verhoog met hul rolmodelle (superhelde) deel.

Baie van die jongklomp het hul ouers gekies om saam met hul te verskyn. Van die pa’s het hul senuwees agter breëbors glimlagte weggesteek en dapper saam met hul kinders hul verskyning gemaak.

Van die ma’s het die geleentheid agter superheldin maskers aangedurf, tot groot vermaak van die gehoor.

Naas ‘n voortreflike driegangete is die gaste ook deur verskeie sprekers toegespreek.

Suid-Afrika se grimeermaestro, Stephan Venter

Bekende grimeerkunstenaar, akteur en vermaaklikheidster, Stephan Venter se bondige toespraak het sy teiken getref.

Hy het die gehoor aangespoor om in hulself te glo, hul passie te ontdek en dit dan uit te leef.

“Leef jou passie om ander te help. Hoe meer jy ander opbou, hoe meer kry jy terug,” het hy gesê.

Stephan het op sy dag vier jaar drama gedoen en hy sê dit het hom gehelp om sy selfvertroue te bou en in homself te glo.

Stephan Venter, Suid-Afrika se grimeerkunstenaar guru doen Sherlain Holmes se grimering Foto: verskaf

“As jy weet wie jy is, dan kan jy jou passie leef. Kom op ‘n punt waar jy gemaklik is met jouself. Mense met selfvertroue kan die wêreld verander,” het hy almal aangespoor.

‘n Pluimpie vir Werner Volschenk en sy span met hul eerste groot funksie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button