NewsNews

Gedeeltes van Vereeniging sonder krag na ontploffing by substasie

Daar was 'n groot ontploffing by die substasie in Risiville.

Die buurte van Drie Riviere en Risiville in Vereeniging is sonder krag nadat ’n transformator van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit Donderdagoggend (18 Augustus 2022) kort na 07:30 in die oggend ontplof het.

Die ontploffing het by ’n substasie in Risiville plaasgevind. ’n Transformator van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit wat reg langs die transformator van Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (die een wat ontplof het) staan is ook tydens die ontploffing beskadig.

Lede van die Midvaal-brandweer het vanoggend die brand onder beheer gebring. Die Emfuleni-brandweer het later ook by die toneel opgedaag.

Volgens Salome Janse van Rensburg, raadslid vir Risiville, is die omvang van die skade tans onbekend. Daar is nog nie terugvoer gegee oor hoe lank dit gaan neem om die kragtoevoer te herstel nie.

Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê hulle is bewus van die kragonderbreking en dat hulle aan die probleem werk.

Volgens Midvaal word die gebied van Glen Donald, Risi-kleinhoewes en McKay Estates deur die probleem geraak.

Die transformator het kort na 07:30 by die substasie in Risiville ontplof. Foto: Verskaf
Die transformator van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit by Risiville wat ontplof het. Foto: Christiaan Cloete
Die transformator van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is ook tydens die ontploffing beskadig. Op die foto is Salome Janse van Rensburg (raadslid vir Risiville) en Thabo Chauke van Midvaal se elektriese departement. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button