Local newsNewsNews

Drie tydens klopjag in hegtenis geneem

Die polisie het Donderdagaand (18 Augustus 2022) klopjagte in Sicelo en Silahliwe uitgevoer waartydens drie verdagtes in hegtenis geneem is en daar op ‘n speelgoedgeweer, ammunisie, onwettige drank en dwelms beslag gelê is.

MEYERTON. – Die polisie, misdaadintelligensie, reserviste, en twee sekuriteitsmaatskappye – Afri Guard en VR Security – was by die operasie betrokke.

Volgens ’n betroubare bron het misdaadintelligensie inligting ontvang van adresse waar vuurwapens, dwelms en onwettige drank aangehou word.

Daar is tydens die operasie ook na ‘n verdagte gesoek wat glo by rooftogte betrokke was.

’n Operasie is beplan, die partye het Donderdagaand byeengekom en van daar af na die onderskeie persele vertrek

Die persele, wat private wonings (plakkershutte) en ’n onwettige sjebien insluit, is deursoek.

Drie verdagtes is tydens die operasie in hegtenis geneem op klagtes wat verband hou met die verkoop van dwelms, die besit van onwettige wapens en ammunisie en die onwettige bedryf van ’n sjebien.

Kaste bier waarop beslag gelê is. ‘n Man van Lesotho is in hegtenis geneem omdat ‘n onwettige sjebien sonder ‘n dranklisensie bedryf het. Foto: Verskaf

Een van die verdagtes, ’n Zimbabwiese man wat glo onwettig in die land is, het glo ammunisie, sowel as ’n speelgoedgeweer in sy besit gehad. Daar word vermoed dat die wapen moontlik tydens rooftogte gebruik is.

Tydens die aand is daar ook beslag gelê op onwettige drank (8 kaste bier)  en ’n man van Lesotho wat glo drank sonder ‘n dranklisensie verkoop is hegtenis geneem.

‘n Derde verdagte, ‘n Suid-Afrikaner, is ook tydens die operasie in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. Hy het glo Mandrax-pille, ‘n sakkie tik en ‘n sakkie dagga aan hom gevind.

Die mans sal eersdaags in die hof verskyn.

Een van die verdagtes, ‘n Zimbabwiër, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ammunisie. Die polisie het ook op ‘n speelgoedgeweer beslag gelê wat hulle glo tydens vorige rooftogte gebruik is. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button