NewsNews

Nog ʼn plaaslike onderneming sluit sy deure weens ELM oorsake

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het in 'n mediaverklaring gesê dat die ELM se buitensporige tariefverhogings, kragonderbrekings, beurtkrag, rioolstortings en klagtes wat nie aangespreek word nie, nog 'n plaaslike onderneming gedwing het om sy deure te sluit.

Sowat 169 personeellede gaan in die proses deur ʼn ingenieursonderneming afgelê word. Hulle sal deel vorm van die 62% werkloses in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging).

Die VF Plus het teen die 2022/23-begroting gestem waarin ʼn kragverhoging van 8,6% goedgekeur is. ʼn Laer tarief is voorgestel, maar die ANC-regering het daarteen gestem.

“Die spesifieke onderneming betaal R100 000 meer vir dienste met die tariefverhogings vir water, krag, grondbelasting en sanitasie.

“Intussen moet die eienaars alles in hul vermoë doen om die krag aan te hou ten tyde van beurtkrag en kabeldiefstal, en toe hul krag verkeerdelik afgesny is.

“Hierdie geval is een van vele waar ondernemings moes sluit of na naburige provinsies of streke verhuis het. Die VF Plus sal aanhou veg vir die regte van inwoners en ondernemings in Emfuleni,” het Rdl. Senekal afgesluit.

Die inwoners van Emfuleni verdien beter as ʼn ANC-regering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button