VEREENIGING. – Inwoners van Risiville en Drie Riviere is vir die derde agtereenvolgende dag sonder krag nadat ’n transformator van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit Donderdagoggend (18 Augusuts 2022) ontplof en toe aan die brand geslaan het.
‘n Tweede transformator wat aan die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit behoort is ook beskadig en moes vervang word.
Vaalweekblad verneem die transformator wat Saterdagmiddag by die substasie aangekom het is vir die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit.
Dit is tans onbekend presies wanneer die kragtoevoer na die geaffekteerde areas herstel sal word.
Intussen is kos inwoners se yskaste besig om te bederf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
